As die kraaie gaap van die hitte, bied net ’n koel stort lafenis.
En gelukkig is Mango nie ’n kraai wat snawel rek weens die hittegolf in Gauteng nie, maar ’n bevoorregte sonparkiet in die Harmse-huis aan die Oos-Rand.
As die stort loop, dink hy blykbaar dis spesiaal net vir hom.