’n Paartjie wat die naweek pas teruggekeer het van hul wittebrood, is Sondag in die stort doodgeskok.
Woedende inwoners en kennisse van Zaheer (28) en Nabeel Sarang (24) van Crosby, naby Mayfair in Johannesburg, beweer die oorsaak was ’n foutiewe elektriese stroom. Hulle pak die skuld op onwettige elektrisiteitsverbindings en City Power se agterstand in die hantering van klagtes.
Die egpaar is twee weke gelede getroud.