Kobie Colditz, eggenoot van die onderwysleier Paul Colditz, is Woensdag in die vroeë oggendure by hul kinders in Engeland oorlede.
Kobie, wat ’n BA-graad met orrel en musiek as ekstra vakke aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het, is welbekend as musiekonderwyseres in Bloemfontein.
Paul, voormalige uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), en sy vrou was meer as 45 jaar getroud.