Die joernalis en skrywer Jacques Pauw het om verskoning gevra vir sy optrede en ’n rubriek verlede week oor sy inhegtenisneming in die V&A Waterfront in Kaapstad.
Pauw het Dinsdag ’n verklaring uitgereik om sy rubriek vir Daily Maverick reg te stel nadat hy op 6 Februarie voorgekeer en oornag aangehou is, waarna hy op ’n waarskuwing vrygelaat is.
Hy het geskryf hy is in hegtenis geneem toe hy R1 600 by ’n OTM wou trek om sy rekening by ’n restaurant te betaal en toe van diefstal beskuldig is.