Die oudprokureur Peet Viljoen van Die real housewives van Pretoria-faam het ’n dagvaarding van R20 miljoen ingedien teen ’n vervaardiger van die ondersoekende-joernalistiekprogram Carte Blanche.
Viljoen het dit Sondagaand bekend gemaak in ’n onderhoud in die TV-program Kwêla.
Die dagvaarding spruit uit ’n stelling wat Kate Barry, die vervaardiger, glo gemaak het toe polisiebeamptes in 2022 ’n beskermingsbevel aan haar beteken het.