Die staatsbeheerde petroleummaatskappy PetroSA sê hy beplan om ’n netwerk van gasaangedrewe kragsentrales in Mosselbaai in die Wes-Kaap te bou om beurtkrag te beveg.
Marlene Khumalo, woordvoerder van PetroSA, sê so ’n projek kan ’n bykomende 180 MW se opwekkingskapasiteit vir Suid-Afrika beteken.
“PetroSA het sy aansoek vir die verkryging van ’n gashandellisensie in Januarie ingedien. Nersa oorweeg die aansoek en het ’n openbare-deelnameproses begin deur verlede week in die koerante te adverteer,” sê Khumalo.