Met haar rooiblonde krulle en blou oë het klein Belle-Ame Scherman vir haar ouers gelyk soos ’n meisietjie in ’n outydse skildery, “ ’n engeltjie wat uit die hemel geglip het”.
“Jesus het besluit hy wil die pop wat Hy vir ons geleen en aan ons toevertrou het, terugneem,” het Kayla Scherman van Hartbeespoort in Noordwes Dinsdag gesê.
“Ons vind troos en berusting daarin dat Belle se oupa verskriklik mooi na haar kyk in die hemel, waar sy nou hardloop en speel, maar dit bly ’n seer wat jy vir niemand kan verduidelik nie. Dit voel asof ek wil wakker word uit ’n nagmerrie.”