“Maak reg, hy kom huis toe oor ’n maand.”
Dít is die verwagting wat na bewering deur die departement van korrektiewe dienste (DKD) by die Pistorius-familie geskep is in afwagting op Oscar Pistorius se paroolsitting, wat Vrydag by die Atteridgeville-gevangenis in Pretoria plaasgevind het.
Maar Vrydag moes die Pistorius-familie hoor: Oscar kom nie huis toe nie, want hy kom nog nie in aanmerking vir parool nie.