Daar moet ernstig aandag gegee word aan regulasies oor die vervoer van plaaswerkers agterop voertuie om hul veiligheid en menswaardigheid te verseker.
Dit is die mening van Ivan Meyer, tussentydse federale voorsitter van die DA en Wes-Kaapse LUR vir landbou.
Meyer steun voorgestelde regulasies wat ’n beperking daarstel dat slegs 50% van ’n voertuig se gelisensieerde kapasiteit gebruik mag word en dat Covid-19-maatreëls nagekom moet word.