’n Poging van deelnemers aan die #NationalShutdown-betogings om vroeg Maandagoggend ’n winkelsentrum suid van Centurion te plunder, is in ’n oogwink deur lede van die plaaslike taxivereniging, private veiligheidsdienste en die polisie gefnuik.
Die moeilikheidmakers het volgens bronne net ná 01:00 in die Olievenhoutbosch-omgewing begin bande brand.
Dinge het binne minute begin handuit ruk toe die groep betogers hul visier op ’n groot kettingwinkel in die Olievenhoutbosch Mall ingestel het.