Onderwyl die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, Donderdag nie teenwoordig was in die provinsiale parlement nie, het politieke partye mekaar gepak oor die voortslepende bende- en dwelmverwante moorde en die uitwerking daarvan op kinders.
Die debat het hewig geraak.
Die Wes-Kaap het meer as 2 000 vakante poste en mannekragsyfers het volgens die DA oor die afgelope twee jaar met meer as 14% gedaal.
