’n Dierewelsynsorganisasie in Kaapstad waarsku mense om nie hul diere te dokter met medisyne wat vir mense bedoel is nie.
Volgens die Animal Welfare Society of South Africa behandel hy gereeld diere wat parasetamol, aspirien en ander pynpille ingegee word. Die diere se eienaars is oënskynlik onbewus van die gevare wat dit inhou.
Die organisasie sê medisyne vir mense is nie altyd veilig vir troeteldiere nie. Hoewel sommige daarvan vir diere gegee kan word, kan ander baie giftig wees en diere se lewe in gevaar stel, luidens ’n verklaring.