’n Gewaardeerde vriend, mentor en ’n energieke mens met ’n skerp verstand.
Dit is van die maniere hoe mense op sosiale media vir prof. Arrie de Beer, buitengewone professor in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, beskryf het nadat hy Woensdag in die ouderdom van 79 dood is.
De Wet Potgieter, veteraanjoernalis, het De Beer op Facebook as “een van die grootste doyens in joernalistiek” beskryf en gesê dat sy dood ’n groot leemte laat.