Een van oudpres. PW Botha se dogters is Dinsdagmiddag in ’n motorongeluk op die R44 tussen Rooiels en Kogelbaai dood.
Amelia Paschke (75) se dood is Donderdag bevestig deur dr. Jan Maritz, wat met Paschke se oudste suster, Elanza, getroud is, asook nog ’n familievriend van die Paschkes.
Dit is die tweede tragedie wat die familie in ’n kort tyd tref. Die egpaar se dogter, die komponis Sigrun (Ster) Paschke (49), is op 5 Januarie aan ’n embolie in haar long dood.