Welkome reën het Woensdagmiddag op plekke in die noorde uitgesak, maar op ’n boer van Carolina in Mpumalanga se plaas het die stormweer enorme skade aangerig.
Jan de Wet het einde Augustus bykans 95% van sy plaas – waaronder weiding, perde en ongeveer 40 lammers – in brande verloor. Dit wat oor was, is Woensdagaand in ’n reuse-haelstorm vernietig.
“Ons het 15 uur lank baklei teen daai vuur om die vrugtebome te beskerm sodat daar darem Desember ’n vrugteoes is. En ja, dis sowat vyf weke later en die hael het alles gevat.