’n Replika van die beeld van die Voortrekkerleier Andries Pretorius is Vrydag in die Voortrekkermonument (VTM) se Historiese Trekroetetuin onthul.
Dit is presies 79 jaar nadat die oorspronklike beeld van Pretorius in die Camdeboo Nasionale Park naby Graaff-Reinet in die Oos-Kaap opgerig is.
Volgens FC Pelser, woordvoerder van die VTM, was Pretorius ’n man wat deur baie bestempel word as een van die belangrikste leiers in die Voortrekkergeskiedenis en daarom het hulle besluit om dié beeld deel van die Trekroetetuin te maak.