’n Gedeelte van die N2 in die buitewyke van Gqeberha was Maandag vir ure gesluit weens swak sigbaarheid wat deur die rook van ’n veldbrand veroorsaak is.
Die pad is gesluit nadat ses motors in ’n botsing betrokke was weens die digte rook by die Baywest-winkelsentrum.
Ses mense is in die botsing beseer, het die Nelson Mandelabaai-metro by navraag gesê.