Die gewilde en geliefde donkies van Rosendal in die Vrystaat se “slaapkamer” is deur ’n weldoener gered.
Liela Magnus, eienaar van die restaurant Benjamin’s, het Maandag uitgevind dat ’n weldoener die oop erf waarop die hingste slaap net vir hulle gekoop het.
Netwerk24 het vroeër berig die donkies se slaapplek – die erf langs Magnus se restaurant – is in die mark.