Die familie van ’n vrou van Rustenburg wat sedert Maandagmiddag vermis word, bied ’n beloning aan vir inligting wat tot haar opsporing sal lei.
Tessa Viljoen (44) se man, Riaan, het haar Maandag omstreeks 16:15 die laaste keer gesien toe sy hom gegroet en gesê het sy gaan stap.
“Ek het vir haar gesê ‘lief vir jou’ en sy vir my. Sy het niks by haar gehad nie, net die klere aan haar lyf.”