’n Suid-Afrikaanse egpaar wat vir die Amerikaanse seksoortreder Jeffrey Epstein gewerk het, is versoek om getuienis te lewer in ’n saak waarin die Amerikaanse regering die bank JPMorgan Chase dagvaar.
Miles Alexander en sy vrou, Cathy, van Paradysstrand duskant Jeffreysbaai het luidens hofdokumente van 1999 tot 2007 as huisbestuurders vir Epstein op die private eiland Little St. James in die Amerikaanse Maagde-eilande gewerk.
Epstein is van mensehandel beskuldig en dat hy verskeie meisies en vroue op die eiland seksueel aangerand en gevange gehou het. Hy is in 2019 dood in sy tronksel aangetref voordat hy op die aanklagte kon reageer. Hy het sy eie lewe geneem.