Die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) eis dat SA Rugby teen 2021 60% afrigters van kleur moet aanstel.
Icosa sê in ’n verklaring die Black Lives Matter-beweging (BLM) wat deur verskeie sportkodes ondersteun word, kan slegs slaag “indien die stem van die Khoi en die San gehoor word”.
Volgens Icosa is die aspirasies van bruin sportafrigters en spelers die afgelope jare subtiel en strategies gekelder deur rassistiese landswette en spesifiek bruin sportleiers.