’n Nederlandse skeepsmaatskappy het €12 500 aan die stigter en uitvoerende hoof van Dewfresh-suiwelprodukte betaal nadat dié 74-jarige man ernstig seergekry het aan boord van een van hul skepe.
Frik Grobler het nek-, rug- en kopbeserings opgedoen toe hy op 1 November 2018 aan ’n handreling in die stortbad van die MA Zaandam gegryp en dit van die muur losgebreek het.
Luidens dokumentasie wat vroeër ter stawing van die skadevergoedingseis ingedien is, was Grobler en sy vrou, Esmay, passasiers op die luukse skip as deel van ’n toer na Suid-Amerika.