Die eerste vliegtuig wat deur Suid-Afrikaanse tieners gebou is, het Maandag veilig in Kaïro in Egipte neergestryk nadat dit verlede maand in Kaapstad opgestyg het.
Die vliegtuig is deur ’n groep van 20 leerlinge uit uiteenlopende agtergronde aanmekaar gesit.
Die BBC berig dat die vier-sitplek-Sling 4-vliegtuig in Namibië, Malawi, Ethiopië, Zanzibar, Tanzanië en Uganda aangedoen het op sy 12 000 km lange reis na sy eindbestemming in Egipte.