Mense wat voorheen in die koshuis op die Universiteit Stellenbosch was, sê die salwing van deure is nie ’n nuwe ding nie.
’n Bron, wat gevra het om anoniem te bly, sê toe sy in 2012 ’n eerstejaarstudent in Harmonie-dameskoshuis was, was dit byna ’n maandelikse ding dat mense se deure met kruise van olie gesalf is.
“Ek onthou ook ek kon soms hoor hoe hulle vir my bid buite die koshuisdeur,” sê sy.