“Hy was breindood toe ek by die hospitaal kom. Ek kon hom nie eens groet nie.”
So sê Lee-Ann Marco (30) oor haar seun Kayden (10), wat Saterdag dood is nadat ’n staalraam glo op hom geval het terwyl hy en maats in ’n parkie in Delft gespeel het.
Marco sê sy was tydens die voorval in Kuilsrivier en haar foon was af, dus kon haar familielede haar nie betyds in die hande kry om van Kayden, ’n gr. 4-leerling aan die Rosendal Primary School, afskeid te neem nie.