’n Uitstappie na ’n saamtrek van sportvliegtuie het tragies geëindig toe ’n pa in ’n vliegongeluk ernstig beseer en sy seun dood is.
Daniël Theron (12) en sy pa, ook Daniël (50), het volgens hul familie die naweek die saamtrek by die Gariepdam bygewoon. Hulle het in ’n groep gevlieg toe die vliegongeluk Maandag net buite Laingsburg gebeur het.
“Niemand het gesien wat gebeur het of wat die ongeluk veroorsaak het nie,” sê die familie.