Hul vyfjarige seuntjie met die rooi-rooi hare het ’n masjien wat nou vir hom moet asemhaal ná ’n fratsongeluk op ’n glyplank by die kleuterskool.
Marno Muller het op die glyplank gespeel toe die toutjies van sy baadjie verstrengel geraak en hom toe laat wurg het.
Sy ouers, Rudi (40) en Helga (39), was Donderdag baie emosioneel waar hulle in die Garden City-hospitaal in Johannesburg op nuus oor hul seuntjie gewag het.