’n Skerp toename in begrafnisse in die Kaapse metrogebied word te midde van die derde vlaag van die koronavirus ondervind.
In die afgelope sewe dae is 638 begrafnisse in die munisipale begraafplase in die metro gehou, teenoor 488 in die vorige tydperk van sewe dae.
Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike dienste en gesondheid, sê in ’n verklaring hoewel die begraafplase die styging in begrafnisse kan hanteer, word mense aangemoedig om die begrafnisse op weekdae eerder as oor naweke te hou.