’n Advertensie deur die Noord-Kaapse regering, met ’n foto van ’n skuiling vir hawelose mense wat by die polisieskouterrein in Upington opgerig is, skets ’n misleidende prentjie van wat regtig hier aangaan.
Lydia Kok, ’n vrywilliger wat geregistreer is om na straatkinders om te sien, sê die Noord-Kaapse departement vir maatskaplike werke het haar aan die begin van die inperkingstydperk genader om na hawelose mense om te sien.
Hoewel sy heelhartig ingestem het, het sy nog min hulp en bydraes van dié departement ontvang.