Kouga – Kouga sal binne vyf of ses maande sonder water wees as daar nie drastiese maatreëls getref word om Dag Zero te vermy nie – veral met slegs 12 weke se water oor vir die Gamtoosvallei.
Die Kouga-dam, die enigste bron van water vir die Gamtoosvallei, is tans 12,3% vol.
In ’n poging om bykomende water te bekom, het Horatio Hendricks, uitvoerende burgemeester van Kouga, die departement van water en sanitasie versoek om alle droogte-projekte tot noodsaaklike dienste te laat verklaar sodat die munisipaliteit van Kouga wettig in ooreenstemming met die huidige wetgewing kan werk.