Die raaiselagtige dood van 21 jong mense in ’n taverne naby Oos-Londen in die Oos-Kaap het die aandag van internasionale mediagroepe getrek.
Die New York Times, Wall Street Journal, CNN, Al Jazeera, The Mirror, die Nederlandse openbare uitsaaier NOS en die Duitse koerant Der Tagesspiegel het onder meer oor die tragedie berig.
Netwerk24 het vroeër berig owerhede is Sondag omstreeks 04:00 deur gemeenskapslede na die Enyobeni-taverne in Scenery Park uitgeroep, waar die voorval hom afgespeel het.