Die Wildernis-soek-en-reddingspan (WSAR) moes die naweek twee lyke van staproetes verwyder.
Die span is Saterdagaand gevra om te help soek na ’n 82-jarige man wat omstreeks 13:00 in die Helderberg-natuurreservaat in Somerset-Wes gaan stap het.
Sy lewensmaat het hom as vermis aangemeld toe hy nie terugkeer huis toe nie.