Met ’n aanlyn proses wat reeds verlede jaar begin het, kan die soektog na die nuwe Mej. Suid-Afrika volstoom voortgaan. Maar vroue sal moet gou spring met aansoeke wat reeds 31 Mei sluit.
Die aanlyn inskrywingsvorm is sedert Maandag beskikbaar waarop besonderhede oor borsmaat, skoengrootte en lengte, asook opleiding, ingevul moet word. Foto’s moet ook die aansoek vergesel.
“ ’n Aansoeker moet ten minste 20 jaar oud wees en op 1 Augustus 2020 onder die ouderdom van 28 wees. Sy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees en in besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse ID of paspoort,” lui die vereistes op die Mej. SA-webblad.