’n Uitgebreide soektog is onderweg na ’n man van Oos-Londen wat tydens ’n Funduro-motorfietspretrit vermis geraak het.
Die soektog na die 37-jarige Nicholas Klingelhoeffer is Dinsdag vir die derde dag vanaf die Lilyfontein School in Brakfontein, sowat 20 km noord van Oos-Londen, voortgesit.
Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het Klingelhoeffer Saterdag aan die Lilyfontein Funduro-pretrit deelgeneem, maar daarna verdwyn. Hy is dieselfde dag as vermis aangemeld.