’n Familie van Klerksdorp probeer vrede maak met die dood van hul “saggeaarde sonskynkind” wat verlede Saterdag in die vroeë oggendure by ’n kroeg op die dorp doodgeslaan is.
Wayne van Zyl (23) was saam met sy meisie, Shanice van Loggerenberg (22), by Tipsy Cow op die dorp toe ’n geveg uitbreek.
Frikkie Janse van Rensburg (33) – die pa van drie minderjarige kinders, van wie twee sy eie is – het Donderdag in die Klerksdorpse landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn. Hy ontken skuld en is op borgtog van R3 000 vrygelaat.