Die baas van ’n gewilde gimnasium in Kaapstad waar bekendes soos Rachel Kolisi graag oefen, is in die spervuur oor hy ’n kamera in die vroue se kleedkamer geplaas het.
Lushwill Rossouw (42) is die mede-eienaar van die gewilde Crossfit District Six-gimnasium in Selkirk-straat, Distrik Ses.
Hy het in 2013 aandele in die gimnasium gekoop met die meer as R1 miljoen wat hy as wenner van ’n TV-reeks oor fiksheid gekry het.