Lede van Johannesburgse nooddienste, polisieduikers en Johannesburg Water het Dinsdag hul soektog voortgesit na die sesjarige seuntjie wat in Soweto in ’n oop mangat geval het.
Die soektog is Maandagaand tydelik opgeskort, maar is Dinsdag omstreeks 10:00 hervat.
Khayelethu Magadla het Sondagmiddag in ’n oop mangat beland toe hy saam met maatjies gespeel het. Sedertdien soek die soek-en-reddingspanne na hom.