Die storie van ’n jong boerboel wat in ’n diereskuiling beland het, het ’n gelukkige uiteinde gehad.
Deaan Vivier, fotograaf van Netwerk24 en Beeld in Pretoria, het onlangs ’n hartroerende foto van Ross in Wollies, ’n dierewelsynorganisasie in Pretoria-Noord, geneem.
Op die foto sit die treurige hond in ’n hondehok en staar grootoog na buite.