’n Storm het om haar kop losgebars kort nadat Thulani Ndzotyana (24) vandeesweek as een van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie se top-30-finaliste aangewys is.
Op Twitter word selfs by die organiseerders geëis dat sy as finalis verwyder word.
Twitter-gebruikers het Maandagaand, net nadat die kortlys vir die kompetisie aangekondig is, diep in Ndzotyana se verlede gaan krap en haar weens ’n voorval in 2018 as die ondersteuner van ’n verkragter uitgemaak. Dit is omdat haar destydse kêrel aangekla is van die verkragting van ’n 18-jarige meisie van KwaMagxaki in Gqeberha.