’n Pa en seun van Umkumbaan in Durban het Maandag groot geskrik toe ’n swartmamba by die deur ingeseil het terwyl hulle besig was om televisie te kyk.
So vertel Nick Evans, ’n Durbanse slangvanger, wat die slang uiteindelik in ’n ou oond in die gesin se huis gevang het.
“Die slang was op pad na die kombuis, waar sy vrou was. Hy het net vir sy vrou gesê sy moet by die agterdeur uitgaan, en hy en die seun het toe self ook uitgegaan. Hy het sy buurman gebel en hulle het die slang se bewegings deur die venster dopgehou,” sê Evans.