Al meer middelklas-Suid-Afrikaners trek Wes-Kaap toe, wys die jongste syfers van Lightstone Property.
Verlede jaar het 43% van mense wat hul huise in Gauteng verkoop het, na ander provinsies getrek – die hoogste syfer in sewe jaar. 35% van Gautengers wat na ander provinsies getrek het, het eiendom in die Wes-Kaap gekoop.
Die tweede hoogste koers van semigrasie (13%) was onder huiseienaars van KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap wat hul provinsies verlaat het.