’n Swanger vrou is in ’n kritieke toestand en minstens 35 mense beseer nadat die bestuurder van ’n vragmotor Maandagoggend op die M41 in die Umhlanga Ridge-omgewing in KwaZulu-Natal, tydens spitstydverkeer beheer verloor en in 47 voertuie ingeploeg het.
Die vragmotorbestuurder het glo van die ongelukstoneel gevlug, maar dit kon nie onmiddellik deur die polisie bevestig word nie.
Shawn Herbst, woordvoerder van die nooddiens Netcare 911, sê ’n swanger vrou is in ’n kritieke toestand per helikopter na die hospitaal geneem.