Pepersproei is na bewering Sondagoggend gebruik by die Enyobeni-taverne in Scenery Park, Oos-Londen, wat tot 'n stormloop gelei het. Die dood van 21 jong mense by die taverne word ondersoek.
Muhle Makeleni (17) vertel die taverne was vol en daar was ook buite die kuierplek ’n klomp mense.
“Toe die eienaar daar aankom, het hy gesê dit is te vol,” sê sy.