Taxi-operateurs van reg oor Suid-Afrika sal van Maandag hul voertuie vol passasiers laai en reise oor provinsiale grense hervat.
Phillip Taaibosch, voorsitter van die taxi-vereniging Santaco, het dié stap Sondag op ’n mediakonferensie aangekondig nadat Fikile Mbalula, minister van vervoer, Sondag vir ’n vierde keer ’n vergadering met Santaco uitgestel het.
Taaibosch sê die regering hou die taxi-bedryf in die duister, terwyl operateurs sukkel om ’n behoorlike inkomste te verdien weens die beperkings op die hoeveelheid passasiers en vervoer oor lang afstande.