Drie dae nadat die ontvoerde biokinetikus van Gqeberha met haar familie herenig is, is die ondersoek na haar ontvoering steeds in geheimhouding gehul.
Dit gons sedert Vrydag op sosiale media met onbeantwoorde vrae, onbevestigde brokkies inligting en aantygings, maar sowel die Valke, wat die ontvoering ondersoek, as Riana Pretorius (26) se familie swyg.
Geeneen van hulle wou ook kommentaar lewer oor die moontlikheid dat iemand wat goed aan Pretorius bekend is by die ontvoering betrek word nie.