Prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer en hoogleraar aan die Universiteit Stellenbosch (US), het verlede Donderdag as deel van Vrouemaand op ’n wynplaas ’n roos gaan plant wat na haar genoem is.
Sy het dié roos in die bekende roostuin van die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes geplant.
“Vergelegen word al lank verbind met magtige, visioenêre vroue, soos die voormalige eienaar lady Florence Philips, wat ’n groot sosiale hervormer en voorstander van die kunste was. Ons is baie trots om ’n Thuli Madonsela-roos in ons versameling te hê,” sê Wayne Coetzer, besturende direkteur van Vergelegen, in ’n verklaring.