’n Soektog is begin na ’n tienermeisie van Gqeberha wat laas by ’n bushalte op pad skool toe gesien is.
Die 13-jarige Phaphama Lamani se ma het haar Woensdag omstreeks 07:00 laas gesien toe sy haar by die bushalte in Stofilestraat, KwaZakhele, afgelaai het.
Volgens die polisie se inligting was Phaphama na die skool onderweg, maar sy het egter nie weer die middag na haar ouerhuis teruggekeer nie.