Terwyl Suid-Afrikaanse verbruikers deur hul nekke vir avokadopere betaal, het amptenare van die departement van landbou verlede Vrydag meer as 46 ton Tanzaniese avokado’s by die Beitbrug-grenspos vernietig omdat dit nie behoorlik ontsmet is nie.
Rob Clowes, die Tanzaniese boer wat die vrag versend het, sê die vrugte is verbou deur opkomende Tanzaniese boere met wie hy al 15 jaar werk.
Hy sê die 13 000 kissies het 58 ton geweeg, maar die Suid-Afrikaanse regering skat dit laer.