Tot 20% van polisievoertuie in die Vrystaat is onklaar en staan in staatsmotorhuise om herstel te word, luidens inligting wat onder Vrystaat Landbou (VL) se aandag gekom het.
Luidens die polisie se 2021-jaarverslag het die Vrystaat 3 848 polisievoertuie en dus beteken dit dat tussen 680 en 900 voertuie nie beskikbaar is om gemeenskappe te beveilig nie.
Dr. Jane Buys, VL se veiligheidsrisiko-analis, sê dit beteken dat die polisie in die Vrystaat tot 25% meer diensbaar sou kon wees as die bestaande voertuigvloot ten volle in bedryf was.