Na raming is 40% tot 60% van vroue wat babas kry in sekere Suid-Afrikaanse staatshospitale ongedokumenteerde migrante.
Dié inligting het dr. Joe Phaahla, die minister van gesondheid, bekend gemaak toe hy en sy departement Dinsdag hul jaarlikse prestasieplan aan die gekose komitee oor gesondheid en maatskaplike dienste voorgelê het.
Maurencia Gillion, ANC-LP en komiteevoorsitter, het Phaahla gevra waarom sy departement buitelanders behandel.